Tuisblad

Die Bushmans Cave Bergteater is aan die voet van die Cederberge, sowat 35 km buite Clanwilliam gelee. Die venue is in die berge, op die plaas Oude Muur van Erik en Melinda de Milander. Danie Niehaus wat n huisvriend van die De Milanders is, het sowat drie jaar gelede die visie gehad dat n opelugteater daar geskep kan word. Nadat koppe bymekaar gesit is, is daar toe begin om die teater te ontwikkel. Die eindresultaat was werklik iets besonders en verskeie van die land se top kunstenaars het al daar opgetree.

Bushmans Cave bied ook die opsie van oornag kampering met volledige ablusie-geriewe, waar die storte wat in die ope lug tussen die rotse is, n baie besonderse ervaring is. Daar is ook vier 4x4 roetes beskikbaar en selfs absailing kan op versoek aangebied word. Van die bes bewaarde Boesmantekeninge het daar behoue gebly en die baie besonderse plantegroei met spesies van die Kaapse fynbos, is n lus vir die oog. Die Tafelbergsandsteen rotsformasies is ook werklik n moet om te sien en eie aan die omgewing. Etes wat in die ope lug kombuis voorberei word, met vars gebakte roosterkoeke en brood uit die buite-oond as die hoogtepunte, sorg ook altyd vir n feesmaal.

Vooraf besprekings is 'n vereiste!!

Vir die van u wat dus nie rede soek om op 'n Saterdagaand by die huis te sit nie, kontak asb. vir Erik of Melinda per e-pos, info@bushmanscave.co.za, of by telefoon 027 482 2918 (alle ure) of plaas nou 'n bespreking.