Roete Kaart |
Druk hierdie bladsy  |
|
ROETE NA OUDE MUUR & BUSHMAN’S CAVE BERGTEATER – CLANWILLIAM
|
• |
Vanaf Kaapstad, volg N7. (Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Citrusdal en Clanwilliam.) Dit is ongeveer 200 km vanaf Kaapstad. (Vir roete vanaf Klawer skakel asb vir aanwysings) |
• |
Ry deur Clanwilliam, verby Toyota Garage, De Vlei Diensstasie (Shell) en Sederkem Apteek op linkerhand. Moenie na regs in Hoofstraat afdraai nie. Volg die R 364, Calvinia en Bushmanskloof roete aanwysing. |
• |
Ry oor Jan Disselsrivierbrug met Augsburg Landbougimnasium en dan Boskloof se afdraai op regterhand. Moenie hier afdraai nie. |
• |
Ongeveer 2 Km vanaf die brug is daar ‘n afdraai na links. |
• |
Dit is die ou Klawer pad met die Doring River Rafting naambord. DRAAI HIER NA LINKS AF. |
• |
Hou reguit aan. Na ‘n verdere 10 km gaan teerpad oor in gruispad. |
• |
Na nog ‘n verdere 7 km kry jy vakansie oord en eiland op linkerhand. (Bulshoekdam) |
• |
Dit is ongeveer 20 kilometer vanuit Clanwilliam. |
• |
Volg nou die Nardouwsberg en Doring River Rafting afdraai na regs. Dit is dan nog ongeveer 13,7 KM na Bushman’s Cave en 21 km na Oude Muur Plaas. |
• |
Ry oor Bergpas en moet nooit weer afdraai nie. |
• |
Na Bergpas ry jy verby Brand se Berg afdraai op linkerhand. Hou reguit aan en moenie afdraai nie. |
• |
Ry lang bult op en gaan oor volgende pas. (Kraaibosberg) |
• |
Ry reguit aan tot jy Bushman’s Cave afdraai na regs kry. Draai af en ry Bushman’s Cave binne. |
Vir plaasopstal Oude Muur: |
• |
Hou aan met pad vir 8 km tot jy die bord Oude Muur op jou linkerhand kry. Draai af en ry opstal binne. |
• |
Totale afstand uit Clanwilliam is + 42 kilometer. Pad is oor die algemeen goed, maar op sommige plekke ‘n bietjie sinkplaat. |
• |
Veilige en Voorspoedige rit !! |
|
|
|
|
|